KBN GELOOFS VERKLARING

· Ons glo dat daar slegs een Ware Lewende God is (Eks. 20:2-3)
· Ons glo dat daar geen ander Naam is waardeur die mens gered kan word, anders as deur Naam van Jesus Christus (Hand. 4:11 & 12)
· Ons erken Jesus Christus as die Messias, die Woord wat vlees geword het en onder ons woon (Joh. 1: 1 & 14)
· Ons glo dat ons tot NIKS in staat is sonder Christus nie (Joh. 15:5), ons verklaar
onsself dus afhanklik tot HOM
· Ons glo dat ons deur ons keuse deur gehoorsaam te wees aan Christus, veel vrug dra (Joh. 15:8) en daardeur die Here verheerlik.
· Ons glo dat Jesus ons kan vrymaak (Joh. 8:32)
· Ons glo dat Jesus die weg, en die waarheid en die lewe is, en dat ons nie na die Vader kan kom, behalwe deur Hom nie (Joh 14:6)
· Ons glo dat as ons in die lig wandel – soos wat Hy in die lig is – dat ons gemeenskap het met ons mede gelowiges en dat die Bloed van die Here Jesus ons reinig van alle sonde (1Joh. 1:7)
· Ons verklaar dat die Bybel die enigste gesaghebbende standaard is wat te alle tye toegepas moet word. Ons kies om die waarheid te spreek in liefde (Ef. 4:15)
· Ons vertrou ons Hemelse Vader om ons te vul met Sy Heilige Gees (Ef. 5:18) om
ons te lei in waarheid (Joh. 16:13). Ons kruisig die vlees (Gal 5:24) en kies om te
wandel soos die Heilige Gees ons lei en erken die gawes van die Heilige Gees wat in ‘n wedergebore Christen werksaam is.
· Ons glo dat die sakramente, die doop en nagmaal soos voorgeskryf in die Bybel,
noodsaaklik is vir ons Christenwandel en funksionering
· Ons erken die vyfvoudige bediening van Apostel, Profeet, Evangelis Herder en
Leraar. (Efe 4:11)
· Ons erken die 7 Motiveringsgawes en dat dit soos lede van ‘n liggaam saamwerk in die Liggaam van Christus.

568 Holihock Straat, Doornpoort

012 547 6742

Pretoria, South Africa

info@keerpunt.co.za

HET U HULP NODIG??